Tuesday, May 29, 2012

Oeps, hier gaat ons sowaar!

Alles lyk mooi goed en ek is vanoggend weg by die fertiliteits kliniek met 'n pers "coolbaggie" propvol inspuitings en pille.... kan nie glo ek gaan dit alles in een maand inneem nie, en dit is nog nie eers alles nie! Onder andere het ek medikasie gekry vir 'n onderaktiewe skildklier... dis 'n nuwe ding vir my, so dalk help dit ook, want jou skildklier moet reg funksioneer om swanger te kan word.  Ek het ook vandag begin met my 3 liter water 'n dag... julle, dit is BAIE! 2 Liter is een ding, maar 3 liter is regtig baie.

My eerste inspuiting is ingespuit vandag en Johan gaan omtrent "skilled" moet raak om die drie botteltjies met die ampule te meng en in te spuit elke oggend maar ons is gereeed! Ons het sommer ook besluit om twee eierselletjies terug te sit (mag daar asb eierselletjies wees om terug te sit) so as dit nou 'n tweeling is dan doen ons dit sommer eensklaps... wies bang??

Ons volgende scan is Saterdag, ek sal julle laat weet hoe dit gaan.

Groete x


No comments: