Friday, December 21, 2012

29 weke

Hi julle, ongelukkig geen fotos vandag nie, die dr het nie geneem nie en ek het nie gevra nie... Ai tog!  Dit gaan baie goed met altwee babas, hulle weeg altwee so om en by 1,2kg so ons is goed oppad. Ek is wel teleurgesteld oor my moontlikhede van normaal kraam wat al hoe slegter lyk. Dr het eintlik eers gese sy sal nie natuurlik verlos met Pieter wat brug lê nie en vir my al die nagmerrie- moontlikhede vertel wat alles met hom kan gebeur maar na 'n rukkie se praat het sy weer gese sy sal nog kyk na die moontlikheid, maar ek is nie regtig baie oortuig nie :( ek gaan nou weer met die twee vroedvroue praat wat gesê het hulle sal saam natuurlik verlos in 'n hospitaal en as hulle nie gemaklik voel nie sal ek maar moet oorgee. Op die ou einde is die tweeling se lewens eerste en ek wil ook nie kanse vat nie. Bid asb vir my vir vrede en rustigheid rondom die hele situasie en dat ek nie te veel sal vashou aan my eie "pre-conceived ideas" nie!

Lekker vakansie hou en geseënde Kersfees!

Thursday, December 20, 2012

27 Weke

Ek is eintlik nou al 29 weke en 3 dae, maar ek sien ek het 'n bietjie lanklaas gepost so ek skuld julle weer 'n fototjie! Hier is Pieter en Hanlé op 27 weke... op daardie stadium het hulle al afsonderlik 980g en 1.15 kg geweeg so ons is goed oppad en alles gaan nog baie goed... more het ek weer 'n scan so ek sal weer more 'n update gee :)

Eers moet ek seker wys hoe lyk mens van buite as jy twee babas in jou maag het op 27 weke...



Links is Pieter en voor hom is sy naelstring wat soos 'n teddiebeer in 'n bondel voor hom lê! Regs is Hanlé en links van haar is Pieter se boude wat sy probeer wegstoot met haar handjie. As ons nou al sou kon sê, wat ek seker is ons kan nie, lyk Pieter baie soos 'n van der Colff en Hanlé soos 'n Viviers :) Tot môre!