Wednesday, May 16, 2012

Timing is the Father's business.

'n Wonderlike vriendin van my wat saam met my die moeilike pad van "wag" loop, lees vanoggend by die Bybelstudie vir ons 'n versie uit die Message. Om nou eers te verduidelik waaroor dit gaan; Ons is nou in Handelinge waar Lukas die storie vertel van Jesus se 40 dae op die aarde nadat hy opgestaan het. In hierdie versie se hy wat Jesus se laaste woorde was voordat hy opgevaar het. Die Apostels het Jesus gevra wanneer Hy die koninkryk aan Israel gaan herstel... "Is dit nou?" het hulle gevra. Hy antwoord hulle toe in Handelinge 1:7 "You don't get to know the time. Timing is the Father's business.  What you'll get is the Holy Spirit... "

Wow! Die Message stel dit darem so mooi en eenvoudig.  Tydsberekening is nie my besigheid nie, dit is die Vader se besigheid, maar Hy gee vir my die Heilige Gees om my te lei. Met ons volgende behandelings wat oppad is rondom volgende week sien ek weer vreeslik op daarna, en kan ek nie help om weer te twyfel of ek nou in God se pad vir Sy plan vir ons staan deur behandeling te kry nie.  Soms wonder ek steeds of God my nie reeds volkome sou genees het as Hy wou nie... en ek dink Hy sal as Hy wil, maar soms leer ons so baie uit die journey dat Hy ons nie wil ontneem daarvan om dag vir dag voor Sy voete te sit met die worsteling nie.

Ek herinner myself ook vandag wanneer ek so twyfel of ek die regte ding doen, aan Lea wat vir Ragel haar seun se "mandrakes" verkoop het sodat sy vanaand by Jakob kan gaan le... klink nogal soos 'n sepie, maar so verkeerd soos dit klink, dit het gebeur en Ragel het dit gedoen sodat sy die "mandrakes", wat bleikbaar talle doele gehad het, onder andere kon gebruik as fertiliteits-medisyne om te kan swanger raak.  En weet julle wat, later in daardie hoofstuk staan daar dat God haar onthou het, en Hy het haar 'n kind gegee. Ek herinner myself dat die mense al daardie tyd medisyne gebruik het, en God hulle nogsteeds geseen het.  Het sy in die plek gestaan van God se tyd vir haar? Nee. Sou sy swanger geword het as sy nie die medisyne gebruik het nie? Ek wonder? Hoe dit okal sy, God het haar hart gesien en Hy het haar onthou. Mag God my ook onthou, en ek weet Hy sal!

No comments: