Monday, January 23, 2012

Vordering!

Ek kon uiteindelik 'n afspraak maak vir volgende Dinsdag!! Ek moet hulle Maandag bel om tyd te bevestig, so ek sal Maandag laat weet presies hoe laat julle moet bid :)  Ek het al nagmerrie stories gehoor van dokters (in SA) wat perongeluk vrouens se baarmoeders raakgesny het en onmiddelike histerektomie moes doen, so ek is bietjie bang, maar oor die algemeen is dit nie te erg nie so ek behoort fine te wees.  Dr Volschenk is een van die beste in dit wat hy doen en ek vertrou hy sal versigtig wees.   Ek gaan vir so drie dae buite aksie wees... weet nog nie wat ek met myself gaan aanvang nie so kuiers is meer as welkom ;)

Hier is bietjie meer oor die twee prosedures wat ek gaan naslaan het:

Histeroskopie:
A hysteroscopy is a way for your doctor to look at the lining of your uterus. He or she uses a thin viewing tool called a hysteroscope. The tip of the hysteroscope is put into your vagina and gently moved through the cervix into the uterus. The hysteroscope has a light and camera hooked to it so your doctor can see the lining (endometrium) on a video screen.

A hysteroscopy may be done to find the cause of abnormal bleeding or bleeding that occurs after a woman has passed menopause. It also may be done to see if a problem in your uterus is preventing you from becoming pregnant (infertility). A hysteroscopy can be used to remove growths in the uterus, such as fibroids or polyps.

Your doctor may take a small sample of tissue (biopsy). The sample is looked at under a microscope for problems. Another surgery, called a laparoscopy, may also be done at the same time as a hysteroscopy if infertility is a problem.


Laparoskopie:
Laparoscopy is a surgical technique in which a lighted viewing instrument (laparoscope) is inserted into the lower abdomen through a small incision, usually made below the navel. The abdomen is inflated with gas injected through a needle, which pushes the wall of the abdomen away from the organs so the doctor can see them more clearly.

Laparoscopy may be used for both diagnosis and treatment. Incisions may be made so that other instruments, such as cutting devices or lasers, can be inserted to treat certain problems. With laparoscopy, the doctor can identify diseased organs, take tissue samples for biopsy, and remove abnormal growths.

Laparoscopy may allow a person to avoid more invasive open surgery that uses larger incisions. Compared to open surgery, it leaves smaller scars, is often less risky, and usually requires a shorter recovery period.

Laparoscopy is often used to diagnose and treat problems in the female reproductive organs, such as endometriosis, infertility, or tubal pregnancy. Tubal ligation (female sterilization) can also be done with laparoscopic surgery.

So basies gaan hulle kyk of hulle enige endometriose sien, dit verwyder as daar wel endometriose is, en enige moontlike poliepe of fibroids sal ook verwyder word en biopsies word gedoen om enige ander probleme wat daar mag wees te identifiseer. 

Dankie weereens vir julle gebede en ondersteuning... dis 'n moeilike paadjie om alleen te loop!
Liefde
xxxx

Wednesday, January 18, 2012

New Year, New Beginnings!!!

Hallo julle almal, ek is terug!!!  Na 'n lekker lang rus van probeer (wat eintlik uitgedraai het in natuurlik probeer die res van 2011) is ek weer gereed vir aksie!  Ek was eintlik die heeltyd in twee geskeur oor God se plan vir my lewe en of dit nou inmenging in daardie plan sal wees om behandeling te kry ens, maar 'n gesprek met my vriendin Louise het dit vir my uitgeklaar.

Ek het ook besef dat dit nie God se plan kan wees dat daar 'n geskiedenis van infertiliteit in my familie is nie, so ek sien dit as opstand teen die duiwel deur vir behandeling te gaan. Die ketting stop sommer hier by my!  Gesondheid gaan oor liggaam, siel en gees en deel van die liggaam is om dit reg te maak wat gebreek is. As ek my gewrig gelos het na hy gebreek het, sou ek nou nog met 'n skewe hand gesit het, maar ek het nie, ek het hom laat regmaak en vandag sit ek met 'n 100% gesonde hand.  Ek sien dit ook so met my fertiliteit.... iets is gebreek en dit moet reggemaak word.

Net gou 'n vinnige "recap" op laasjaar... Op my laaste inskrywing op die blog sou ek nie meer gaan om die knop op my bors te verwyder nie, maar ek moes toe wel op die ou end, wat nou 'n baie lelike merk gelos het wat ek wens nie daar was nie maar dit is nou maar een van daardie dinge.

Ons het toe ook nooit gereis nie :( Ons het toe op die ou end so besig geraak met Mastermax en die vriende van ons wat ons as "fly-buddies" gelys het, kon ook nooit gaan wanneer ons kon nie en op die ou end het ons nerens gegaan nie, maar ons hoop om vir ons sewende huweliks-herdenking na Zanzibar, Mauritius of Seychelles te gaan so dit is iets lekker om na uit te sien!

Ok, terug na die infertiliteit... Ek het Dr Volschenk gevra wat ons volgende stappe is en hy het 'n Laperoskopie en Histeroskopie voorgestel.  Dit is nou basies om te sien of daar dalk endometriose of enige ander probleme is.  Dit is nou hier waar julle regtig vir ons moet bid.  Dit is verskriklik baie geld wat ons 'n week voor die operasie alles moet betaal en dan word dit later deur die Mediese Fonds aan ons terug betaal, maar om eers daardie geld te he is op die oomlik vir ons 'n bietjie moeilik!  Ek moet wag tot die eerste dag van my siklus, en dan moet ek Vitalab bel om die afspraak te maak van die operasie wat dan seker tussen een of twee weke daarna sal gebeur. Dit beteken die operasie sal seker oor drie weke van nou af gebeur en ons moet dan al die geld oor twee weke he. Dit is nog nie die ergste nie... Die ivf is vier keer soveel en dit word nie deur Mediese Fondse gedek nie, so dit moet ten volle uit ons sak kom.  Ons beplan om vir eers iui te doen wat nie so duur soos ivf is nie, maar dit is nogsteeds maar baie geld wat ons in die hande moet kry en dr Volschenk het eintlik voorgestel dat ons maar direk met ivf moet begin.

Bid asb. dat die mense wat ons geld skuld vroeer sal betaal as wat ons dink hulle gaan betaal of dat ons binne die volgende twee weke 'n sak geld (note asb.) optel. Enige ander idees vir gebede is ook welkom!
Aangesien ons op die onderwerp van gebede is, sal 'n vakansie ook lekker wees... so... bonatuurlike geld en vakansie asb!! en moenie van die eiland-honeymoon vergeet nie hoor, ek weet dit is baie gevra maar ek dink veral Johan verdien dit.

So daar is baie opwindende dinge wat vir ons voorle vir die jaar.  Partykeer as ek myself jammer kry oor ek steeds nie 'n kleine babatjie het nie, dan herinner ek myself net dat daar nog SO baie "exiting stuff" voorle! Ek meen, ek gaan nog 'n babatjie he!!!! Imagine dit!!!  So dinge gaan interessant raak julle, wag maar net, julle sal sien!

Nou ja dit is al vir nou. Ek sal julle op datum hou van presies wanneer alles gebeur en wat die operasie behels, ek moet nog self ordentlik gaan naslaan.  Tot volgende keer!
xxx