Wednesday, March 28, 2012

Tweede Scan

Die tweede scan op dag8 is agter die rug... Dit was 'n 5 uur ekspedisie vandat ek en Johan opgestaan het tot ons terug is by die werk so dit was baie uitputtend! Gewoonlik is dit korter as dit, maar die keer was daar ietsie wat nie lekker gelyk het nie, en toe moes ek eers vir bloedtoetse gaan. 
Die dr het my eierstokke gescan en toe het ons eers gedink daars fout want die een follikel was al 18mm, maar my baarmoeder wand was net 4,7mm ipv 8mm, maar na die estrogeen en progesteroon toetse het hulle bevestig dat daardie 'n "fake" follikel was en nie hormone dra nie, so ons is toe terug na 'n 11mm follikel wat ons gedink het nie veel is nie, maar hy stem ooreen met die 4,7mm baarmoeder wand, so dit beteken maar net dat allles bietjie stadig gegroei het. Ek het toe vandag twee Menopur inspuitings gekry (een vanoggend en een wat Johan more vir my moet inspuit) wat basies die follikels 'n kick-start gaan gee.  Ons scan weer Vrydag om te sien of dit genoeg gegroei het… dit moet tot by 18mm gaan voordat ons die Ovidrel inspuiting kan gebruik wat Ovulasie trigger. Ek laat weet Vrydag hoe dit gegaan het!  
Liefde

Saturday, March 24, 2012

Timed Cycle begin

Uiteindelik na n skielike trip na Amerika het my siklus vroeg begin sodat ek nie te lank hoef te wag nie en kon ons begin met ons timed cycle.  Ek was gister saam met 'n wonderlike nuwe vriendin wat ook so lank soos ek al wag vir 'n klein wonderwerkie, wat aangebied het om saam met my te gaan na Vitalab toe.  Johan was in Duitsland, so hy kon nie saamgaan nie maar hy is darem nou weer veilig by die huis so dinge is aan die rol!!!  Ek dink my dosis is verdubbel van laaskeer want laas moes ek in die helfte van die siklus ander medisyne drink om die proses aan te help so ons sal maar sien... ek hoop ek maak darem weer twee follicles sodat my kanse weer dubbeld sal wees om swanger te wees, maw 40% ipv 20%.

Die vriendin wat gister saamgegaan het, het 'n wonderlike idee gehad om 'n wit babygrow te vat en die beloftes wat ons gekry het, of woord of enige iets wat mens wil, op dit te skryf as herinnering.  Ek wou dit al lankal doen, maar het vandag besluit as offisiële begin van my behandelings dat ek dit nou gaan doen, amper soos die lint wat mens knip wannneer 'n nuwe gebou ingewy word, of die skoot wat klap as jy 'n wedstryd begin, behalwe dat hierdie ook 'n herinnering sal wees in God se beloftes vir die dae wat ek twyfel en nie meer weet watter kant toe nie.  Ek sal dit sommer in ons kamer hang dat ek gereeld daarna kan kyk.


Die reënboog is 'n lang storie, maar kom daarop neer dat mense soms drome het van my wat swanger is of 'n baba het.  Soms is dit random mense wat nie eers geweet het ek probeer nie en selfs Johan se oupa wat roem daarin dat hy nie droom nie, het eenkeer gedroom ons het 'n tweeling.  Ek het eendag ervaar dat God vir my sê, elke keer as iemand droom ek is swanger, of dat ek kinders het, dit 'n teken sal wees, soos die reënboog.  Interressante ding is dat ek dit nog nooit self gedroom het nie, tot twee weke terug... toe droom ek vir die eerste keer dat ek 'n baba het! Die DREAMS aan die regterkant bo is ook 'n herinnering daaraan.

Die HEART wat links bo is, is 'n herinnering wat ek al 10 jaar terug aan myself gemaak het "I'll follow heart after You" met hart en siel en liggaam en gees, en die vraagteken wat doodgetrek is, is 'n nuwe byvoeging wat ek deesdae maak aan my vrae in my kop- "No questions asked!" Ek is moeg vrae gevra en die antwoorde maak ook nie meer nie saak nie, want God weet wat Hy doen... Hy is wie Hy sê Hy is en Hy kan doen wat Hy sê Hy kan, NO QUESTIONS ASKED! Here dankie dat ek weet U weet wat U doen en U het my best interest at heart!

Die name Elizabeth, Abraham & Sarah, Hannah, Rachel, Rebekah en Simson se ma is die vroue in die Bybel wat volgens die woord infertiel was maar na 'n gepleit by God is elkeen van hulle 'n kindjie of meer gegee. Abraham is by Sarah omdat hy ook 'n herinnering is aan die belofte dat ons kinders van Abraham is en val onder sy seëning.

Die versies is elkeen iets wat iets spesiaal vir my beteken of woord wat iemand vir my gegee het. Die middelste een "For nothing is impossible with God" is seker die eenvoudigste, maar iets wat dubbel en dwars belangrik vir my is.  Een dag sit ek en Johan in die kerk en voor die diens begin die pastoor bid vir vroue wat sukkel om swanger te word en hy nooi ons almal vorentoe.  Ek wou nie gaan nie, en loer Johan so van onder af soos 'n stout kind, maar hy por my toe aan en daar gaat ek. Die pastoor bid (daar was seker 10 vrouens!) en ek loop toe terug.  Toe ek gaan sit, tik 'n oom my van agter af en punt met sy vinger na 'n versie, maar net daar ys ek, want die oom lyk toe op n druppel soos Johan se oupa Corrie wat net 'n paar maande voor dit oorlede is (Johan het dit ook gedink). Die oom se maniertjies was ook dieselfde, hy sê niks, hy wys net met sy vinger.  Ek sê toe dankie en ons klim na die tyd in die kar oppad huistoe en Johan sê vir my: "Maar wat is dit met ons Oupas en die tweeling ding?" (Want sy Oupa Johan het mos gedroom) Ek sê : "Hoe nou?" Hy sê toe dat hy gelees het daar staan iets van tweelinge.  Ek sê hom toe dat ek gelees het daar staan "For nothing is impossible with God."  Maar hy staan toe vas by wat hy gesien het.  Na die tyd gaan slaan ek toe na, oral waar die "impossible" versies is, maar nêrens kon ek iets van tweelinge bo of onder dit kry nie, so ek glo tot vandag toe dat Johan dit gesien het in sy geestesoog.  Of ons nou 'n tweeling sal hê, en of dit net 'n dubbele seëning sal wees soos in Jes 61:7 wat ek ook op 'n ander stadium ontvang het, weet ek nie, maar 2 is definitief relevant in ons storie en ek sal nog uitvind hoekom, want ons gaan nog 'n baba hê en dan sal ek sien! (Jes 61:7 "Instead of your shame, you will have a double portion. Everlasting joy will be yours")

Die beste van alles is, dat hulle so 'n jaar later daardie 'brood' kaartjies uitdeel met die versies op in die kerk, en sê toe dat dit 'n bedienings geleentyd is, en dat as die kaartjie jou aan iemand laat dink, moet jy dit vir daardie persoon gee. Glo dit of nie, maar net daar staan daar 'n vreemde vrou voor my en gee vir my die kaartjie, en wat staan daarop... For nothing is impossible with God! Dit was 'n teken en 'n herinnering dat ek daardie woord moet ernstig opvat! En agter op daardie kaartjie, toe ek hom omdraai staan Joh 14:18 "I will not leave you comfortless: I will come to You." Dit het my ook laat besef ek hoef nie bekommerd te wees nie en ek hoef nie meer te dink wat ek alles kan doen nie.  Ek kan doen wat ek wil, maar in geloof want Hy gaan my kom ontmoet daarin.

So dit is basies wat in my lewe aangaan op die oomlik. Exiting stuff!!!  Ek is so opgewonde our die pad wat God met ons gaan stap en ek weet ek gaan nie teleurgesteld wees nie, want ek vertrou Hom. Ek vertrou Hom met alles in my!

Dankie vir julle gebede wat so besonders kosbaar vir my is. Vrede is al wat ek soek, en dit is wat ek nou het en ek glo jul gebede het aandeel hierin.
Tot volgende keer!