Tuesday, May 1, 2012

Wag-'n-bietjie-bos

Dikwels as ons in die wildtuin rondry, dan vang die wag-n-bietjie-bos my oog en dan begin ek weer dink... gewoonlik oor kinders, maar dikwels ook oor ander dinge wat ek soms wil laat gebeur voor dite tyd reg is. Die wag-'n-bietjie-bos het mos sulke haak-doringkies wat jou gryp as jy by hom verbystap om te se "Wag 'n bietjie... nie so gou nie.  Staan net eers bietjie stil en wees geduldig. Moenie so verby jaag nie!" As jy jouself losgemaak het van die haakies is jou klere dalk gahaak of selfs geskeur... dit is die prys van haastig wees.

Vandag kom ek in 'n bybelstudie af op 'n interressante ding... In Hebreeus is die woord "wag" die naaste aan hoop.  Dit is dieselfde woord wat ons as hoop gebruik, maw as jy dit in Engels of Afrikaans lees is dit Hope of Hoop, maar as jy dit vertaal in Hebreeus, is daardie woord ook Wag!!! Dit het my nogal laat dink aan hoop... want as jy nie meer hoop het nie, wag jy ook nie meer nie.  Jy gaan maar aan, en dikwels vinnig ook, om van die seer te vergeet, maar as jy so vinnig gaan, haak jou klere weer aan die wag-'n-bietjie-bos vas en dan kry in elkgeval seer!

Ek sal maar liewer wag... want ek het hoop, al is dit soms moeilik om aan vas te hou.

So van die os op die jas: Ek kom toe op nog iets af.
My vriendin Louise gee my 'n versie:
SPREUKE 30:15 Die bloedsuier het twee dogters: Gee, gee! Drie is dit wat nie versadig word nie; vier sê nooit: Genoeg nie! 16 die doderyk en die toegesluite moederskoot, die aarde wat nie genoeg water kry en die vuur wat nooit sê: Genoeg nie!
Net soos mense wat sukkel om iemand aan die dood af te staan (v16 die doderyk) is dit ook moeilik vir vroue wat sukkel om swanger te raak. Verseker nie dieslefde nie, maar steeds onversadig.  Dit was 'n ongelooflike verligting- die feit dat dit in die Bybel staan... God weet en verstaan hoe moeilik dit is en dit is ok. Ek het besef dat dit normaal is vir my om so 'n "unquenched thirst" te he vir 'n kleine babatjie. Die Bybel se dit sal so wees. En dit is so. Ek is 'n mens! En dit is ok.

No comments: