Monday, May 28, 2012

Oops, there you go!

Mense het 'n gewoonte om vir ons arme sielietjies wat so sukkel te se "Moet net nie daaroor dink nie, dan sal dit gebeur wanneer jy dit die minste verwag, jy sal sien" Dit volg ook gewoonlik met "My vriendin se broer se skoonsuster het... (bla bla bla) ... en toe word sy swanger, kan jy glo!" In plaas van om te se Ja, ek kan dit glo want ek het al amper 100 sulke stories gehoor, se ek maar net "haai regtig, wow dit is soos jy se." Daar is 'n hele chatroom oor "wat om nie te se nie" op die forum waaraan ek behoort, maar wat sal dit nou help? Dit is immers ons wat die probleem het daarmee, nie die arme vriende en familie wat tog net iets probeer se, want wat se jy nou na 2, 4, 6, 8, 10 jaar?


Ek kry vanmiddag so lekker lag soos ek in dr. Volschenk se spreekkamer sit, in afwagting om ons plan van aksie te hoor.  Ek lees 'n vrou, Beth Ditto se antwoord op haar suster se aanmerking: " My sister was like: "youre never going to have a baby if you think about it too much!" But I have to think about it. I can't just lay down and be like, oops, there you go!" Verbeel jou dit... no worries... oeps, there you go... en net so word mens swanger!


Ons stap toe aan na dr.V se spreekkamer.  Hy le die feite op die tafel... dit gebeur nie vir ons nie.  Ons is jonk, daar lyk nie te veel fout nie, maar tog kry ons dit nie eers met hulp reg nie.  Daar moet iets anders fout wees en die beste wat ons kan sien wat is fout, is om ivf te doen sodat ons 'n bietjie kan kyk wat gaan aan met daardie eierselletjies.  Ons kry 'n paar keuses... een of twee eierselletjies?? Een het 'n ?-50% kans om te werk, maar twee het ?-55% kans om te werk.  In die infertiliteits wereld is daardie 5% baie, so dit is iets om te oorweeg, maar in my ouderdomsgroep het ons 'n 47% kans dat dit 'n tweeling kan wees as ons wel swanger is... eks nie bang nie, maar sal nog met die baas(Johan) moet gesels oor daardie ene!?! Net soos hy oppad is om ons uit te stuur met besluite se Johan, "maar Els is nou by dag 1, en ivf moet jy op dag 2 begin, so kan ons nie sommer die maand wegval met ivf nie?" Oeps, there you go... ons doen ivf die maand! Ek kan dit amper nie glo nie... in 1 uur het ek van ekstase na vrees na stres na naar gegaan! Senou dit werk nie maar senou dit doen, en, en, en! 


So, om die lang storie kort te maak, nou moet ons hard bid vriendinne want hierdie storie kos GELD! Ek prys die Here ons het geld vir die een maar as dit nie werk nie, verloor ons alles en sal ons weer moet spaar vir nog een. Hou my asb in julle gedagtes want hierdie storie is nie maklik nie... ons sit met 'n pakkie instruksies... more weer scan om te sien of ons wel kan voortgaan met die ivf (daar mag geen sists wees, die baarmoeder wand moet heeltemal dun wees om mee te begin en, en, en ) Dan kry ons inspuitings en medikasies (wat Johan vir my moet inspuit elke dag) en die week volg met scans en scans.  Ons hoop dan om baie eierselle te kry sodat hulle genoeg kan kry om van te kies.  Die beste kwaliteit word gekies en gewas.  Die sperm monster word ook gewas en duisende word saam met die eierselletjies in 'n petri dish ingesit sodat die beste mannetjies steeds eerste kan wees.  Dit word dopgehou en na die selle ge-fertiliseer het en begin verdubbel, vat hulle die beste een/twee en dit word teruggeplaas in my baarmoeder.  Ek kan amper nie glo inplanting is al wat nodig is nie... selfs my hormone word tot uiterste spesifikasies beheer sodat alles perfek is. AL wat nodig is, is inplanting, en tog werk dit nie altyd nie, of 'n miskraam gebeur kort na dit gewerk het.  JULLE, bid asb!


Oops, here we go... hopelik is dit binnekort "oops, here we go en dan is ek swanger" of is dit dan "oops we did it again?"

No comments: