Tuesday, July 17, 2012

En toe is daar twee!

Wat 'n verrassing toe drV gister vir die suster tydens my eerste scan sê "I stand corrected, daar is twee!" Ek en Johan is in ekstase en begin al klaar dink oor hoe gaan hulle slaap, watter kar sal die beste wees ens! Dit was die wonderlikste ding tot dusver in my lewe om daardie twee perfekte hartkloppies te hoor wat perfek klop teen 144bpm! Ek het trane in my oë gehad. Die tweetjies meet altwee presies 7weke gister soos dit is so hulle is spekvet en gesond :) Ek en Johan is so ongelooflik opgewonde en dankbaar vir hierdie kosbare geskenk wat ons van Vader ontvang het... N regte dubbel seening, dankie Here!


Bid asb vir my hart dat ek nie te bekommerd is oor die tweetjies nie, hulle het so diep in my hart al ingekruip, ek vertrou Vader vir n "uneventful" swangerskap! Liefde

1 comment:

Jaans said...

Wow, super opgewonde vriendin!!! Bid dat ons Vader en Skepper van Lewe julle kinders perfek sal vorm in Sy almagtige hand! Baie liefde Die Braweboere