Saturday, April 21, 2012

Toe nou nie


Na nog scans en scans en vier verskillende medikasies het ek weereens 'n negatief. Ek moet sê dit voel soms of dit nooit gaan gebeur nie, maar oor die algemeen is ek positief en glo ek nog in wonderwerke... Bid asb vir my geloof, dat dit nie sal wankel nie en dat ek steeds in God se wil sal bly met Sy regte tyd vir my.

Van hier af gaan ons nou met Dr Volschenk gesels om te sien wat ons gaan doen van hier af. Dit mag dalk nog n tymed cycle wees soos die keer of ons mag dalk oorgaan na iui (intra uterine injection- waar hulle die sperm in die uterus in plaas dan moet hulle nog hul eie weg vind) of dalk ivf (in vitro fertilisation- waar hulle die sperm binne in die eiersel groei in 'n "petri- dish"), ons sal maar moet wag en sien. Dankie vir jul ondersteuning, dit beteken so onverklaarbaar baie vir my! Ons probeer weer volgende maand.

Liefde x

No comments: