Wednesday, February 1, 2012

Laparoskopie en Histeroskopie gedoen!

Meeste van julle weet nou al by die tyd dat ek gister (Dinsdag 31ste Feb) vir my Laparoskopie en Histeroskopie gegaan het.  Dit was toe baie goeie nuus! Ek het net 'n klein bietjie endometriose gehad wat die dokter weggesny het, so nou is alles mooi oop en skoon en gereed om 'n babatjie te ontvang!  Ons sal dan nou volgende maand (of dalk einde Feb afhangende van my siklus) begin met "Timed Cycles" wat nie so erg duur is soos die ander prosedures nie.  Dr se ons kan eers dit so 5 keer probeer voor ons iui toe aanbeweeg (waar hulle die sperm in die baarmoeder inspuit) so ek sit my hoop op die Timed Cycles.

Wat nou gaan gebeur basies is dat ek nog steeds al die medikasie gaan kry om eier selle te vorm.  Elke tweede dag word ek ook gescan om te monitor hoeveel eiers ek kry ens en dan kry ek voor ovulasie 'n trigger shot wat my eiers presies 36 uur later vrystel (ovulasie), so dan kan ons ons dinge volgens dit beplan.

Ek moet ook nie nalaat om julle te vertel hoe God gesorg het vir die geld nie!  Ons moes die een helfte Maandag betaal en die ander helfte dinsdag en alles het net so mooi uitgewerk dat ons dit net - net gemaak het!  Prys my Liefste Vader!!!

Verder is ek maar nog lekker seer... sal blykbaar so aanhou tot Don en hier by Vrydag kom my steke uit en sal ek al beter voel.  Die snye is nie meer te seer nie (daar is 3 snye) want ek is op sterk medikasie, maar die steek pyne in my skouers en bors is nogal erg- voel of mens 'n hartaanval gaan kry, maar dit is baie normaal- meeste mense kry dit agv al die gas wat hulle in jou maag pomp om binne te kan sien. Hulle se daars nog so 1liter vloeistof in my maag, maar ek dink daar is meer want ek weeg 2kg meer!
Toe ek uit die teater kom was ek baie seer en het begin huil en sukkel om asem te haal, en al hoe meer paniekerig begin raak.  Daar is toe 'n suster wat se ek werk myself op ek moet nou kalm raak... ek vloek haar in my kop, maar toe voel ek 'n ander hand wat my soos 'n katjie streel op my skouer.  Dalk was dit 'n ander nurse, maar ek wil glo dit was 'n engel, want dit het my onmiddelik gekalmeer en ek het onmiddelik beter begin asem haal!

SOOO, exiting stuff... ek hoop julle is so opgewonde soos ek, want ek is gereed vir aksie!  Bid asb dat my hart bewaar sal word en dat ek die krag sal he om aan te gaan met die ding al werk dit nie die eerste of die tweede of die derde maand nie!

Wees geseend!
Liefde

No comments: