Ek het op 36-37 weke in swangerskap, ten spyte van 'n uitstekende swangerskap, begin vreeslik pyn he wat voel soos kraam. Die intensiteit was nog nie so hoog nie en dit was nie in intervalle nie so ek het nog nie gevoel dat dit nodig was om dokter toe te gaan nie, maar aan die einde van my 36ste week, Sondag die 10de Feb het dit skielik laat middag baie erg seer geraak. Ons het toevallig 'n vriendin in Stellenbosch gaan aflaai en het reg voor my hospitaal verby gery toe ons maar besluit het om daar in te draai vir veiligheid. Prys die Here ons het, want die masjiene het kontraksies gewys.... ek was in kraam, maar my serviks het nog glad nie begin ontsluit nie, maar die vreemde ding was dat my maag gelyk het of dit in kontraksie bly en nie daaruit gaan nie, veral gelokaliseer tot die boonste deel. My bloeddruk was ook vir die eerste keer hoog, wat 'n gevaar kan wees en dit was reg deur my swangerskap laag gewees. Dr het toe vermoed dat die plasentas dalk kan besig wees om los te skeur as my maag so styf bly vir so lank, en indien dit wel gebeur sou die babas dit nie maak nie. Sy het voorgestel dat ons liewer onmiddelik verlos aangesien daar nog nie tekens van stres was op die babas nie. Ek en Johan het toe dadelik ingestem want ons was nie bereid om so 'n kans te vat nie en 'n uur later, 10h30 is Hanle en Pieter gebore!!!! Ek kan dit amper nou nog nie glo nie.
Alhoewel my begeerte om normaal te kraam nie kon gebeur nie, sien ek absoluut God is hand in dit als want Pieter het eventueel heeltemal dwars gedraai in my baarmoeder en die koord was oor sy een skouer en onder die ander arm deur soos 'n handsak wat mens nie op die scans kon sien nie. Sou ons normaal gaan, sou daar baie moontlik komplikasies gewees het met sy geboorte en sou ek opeindig met normaal kraam en 'n keiser alles in een!
Ek moet se die Keiser was heeltemal bo my verwagting ongelooflik spesiaal gewees en ek sou daai ervaring vir niks in die wereld verruil nie!
Weereens dankie vir elkeen van julle se boodskappe, liefde en geduld deur hierdie hele proses, ek waardeer dit opreg!