Wednesday, August 22, 2012

12 Weke en 2 dae!

Vandag was ek vir my 12 weke scan... ag julle, sal die dag ooit kom wat dit nie vir my 'n lewensveranderende oomblik is om hulle te sien nie? Elke scan is vir my 'n wonderwerk, elke stappie verder, elke week 'n mylpaal.  Hiér was ek nog nie, dít het ek nog nie gesien/ervaar nie... Prys my Liefste Vader vir Sy goedheid, genade en liefde in my lewe!!! Ek loop op hoogtes wat ek nog nooit in my lewe gesien het nie, dit is absoluut fantasties!

Vandag het ek vir die eerste keer gegradueer na 'n Ginekoloog toe ná al die Fertiliteits-spesialis besoeke. Ek en Johan het van begin tot einde van daai scan gesmile, van oor tot oor :) Die enetjie is 6,3cm en die ander 6,1 cm. Die Ginekoloog moes 'n bietjie my maag druk om die enetjie te laat beweeg dat ons kan meet, toe lyk dit of hy/sy nounet wakker geword het.  Die armpies rek so in die lug en hy gaap toe twee keer! Hulle is net te qute vir woorde :)


Hier is 'n vooraansig. Die gesiggie lys soos 'n klein aliëntjie met die ogies, neusie en oop mondjie
(gaap seker alweer) Links en regs van die koppie sien mens die armpies en 'n handjie net onder die ken
En dan natuurlik die vette pensie en gevoude beentjies onder dit.


Hier het ons 'n kleine "crawling insect" aliëntjie :) Onder die pensie sien mens die armpies voor
en beentjies agter. Ogies en mondjie kan mens ook sien.