Monday, July 30, 2012

9 weke scan

Wat 'n wonderwerk om ons twee kleine babatjies weer te sien vandag! Hulle lyk altwee so goed, drV het sommer gesmile en gese hulle is twee beautiful fetussies om te scan. Ons het twee gesonde koppies gesien, twee mooi armpies en beentjies elk en selfs die naelstringetjies... twee volledige klein mensies wat beweeg en alles! Die linkerkantste enetjie meet presies 9weke en is 23.1mm lank met 'n hartklop van 169. Die regterkantste een meet 'n daggie vooruit, 9w1dag en is 24.2mm lank met 'n hartklop van 170.
Hier is die tweetjies saam. Hulle lê nes tweelinge gewoonlik lê, die enetjie 
links is koppie na onder en die enetjie regs lê nou sleg om te sien, maar koppie na bo.

Die linkerste enetjie

Die regterkantste enetjie, mens kan hier 'n stukkie van die naelstring sien, 
die stertjie is al heeltemal weg.
Ek het ongelukkig nie fotos van die armpies en beentjies nie. 


Dit was so 'n snaakse gevoel toe ons vir die laaste keer daar uitstap vandag...  Ek was nie hartseer om totsiens te sê nie, maar 'n vreemde heimwee het my daar uit gevolg... tsv die moeilik, het ek ure daar gespandeer en het dit 'n baie familiere gevoel gelaat.  Nooit weer sal ek hiernatoe hoef te kom nie... dit was moeilik en tuff, maar nou is dit verby! Prys die Here! Hier het ek gou 'n fototjie geneem voor ons finaal-totsiens in die hysbak klim...


Tuesday, July 17, 2012

En toe is daar twee!

Wat 'n verrassing toe drV gister vir die suster tydens my eerste scan sê "I stand corrected, daar is twee!" Ek en Johan is in ekstase en begin al klaar dink oor hoe gaan hulle slaap, watter kar sal die beste wees ens! Dit was die wonderlikste ding tot dusver in my lewe om daardie twee perfekte hartkloppies te hoor wat perfek klop teen 144bpm! Ek het trane in my oë gehad. Die tweetjies meet altwee presies 7weke gister soos dit is so hulle is spekvet en gesond :) Ek en Johan is so ongelooflik opgewonde en dankbaar vir hierdie kosbare geskenk wat ons van Vader ontvang het... N regte dubbel seening, dankie Here!


Bid asb vir my hart dat ek nie te bekommerd is oor die tweetjies nie, hulle het so diep in my hart al ingekruip, ek vertrou Vader vir n "uneventful" swangerskap! Liefde